Post by Studentevolgeling on Apr 22, 2023 16:44:33 GMT -2
Die forum is gebore uit die begeerte om die waarheid wat in God se woord opgesluit lê, te deel met mede gelowiges. Die rede hoekom ek ‘n forum gekies het as platform om die kennis te publiseer, is om saam met medegelowiges op die ontdekkingstog te kan gaan en almal die geleentheid te gun om ‘n bydrae te lewer. Die kern gedagte sal saamgevat word in ‘n “sticky-note” bo-aan die bespreking.
Daar is verskeie onderwerp opskrifte geskep sodat die inligting gegroepeer is en dit nie moeite raak om deur lang artikels te lees om ‘n onderwerp te vind nie. Kontak die moderator indien meer onderwerpe nodig is, of waar dit van pas sal wees om onderwerpe te konsolideer.
Alle onderwerpe wat bespreek word rondom die Woord sal streg skriftuurlik wees en geen doktrines of invloed van enige geloofs- of kerk beweging sal toegelaat word nie. Daar is afsonderlike afdelings waar ander kwessies bespreek kan word, indien nodig geag.
Hierdie forum is nie gegrond op die sogenaamde “Hebrew-roots” beweging nie. Daar is verskeie vertakkings van Hebreuse wortels groepe waarvan sommiges reeds mislei is. Die gevaar lê daarin dat die studie en kennis van die bybel mense presies bring waar die Fariseërs en wetsgeleerdes die pad byster geraak het. MOENIE DIE PUNT MIS NIE. God ken nie wetsgeleerdes en wet onderhouers nie! Verstaan wat die Woord van God ons leer en die riglyne wat daar gestel is, maar saam met dit is jou verhouding met God en jou verlossing in Jesus wat jou siel sal red! SHAMA! Luister en Doen.
Hier sal sekere Hebreuse woorde en name gebruik word waar die betekenis daarvan nie maklik vertaal kan word nie. Name kan nie vertaal word nie omdat dit spesifieke betekenis dra en sal meestal so gebruik word (Meer inligting rondom hierdie onderwerp in die toepaslike forum onderwerp). Geen “tradisionele” naam of woord is verban nie en mag vrylik gebruik word.
Die voertaal van die form is Afrikaans, maar ons Engelse lede is welkom om in Engels deel te neem.
Ek bid dat God die forum sal seën en dat die Gees van Afgesonderdheid elkeen wat hieraan deel het se sluier voor sy oë sal lig en siele gered sal word.